Import It All
Books > Romance
Omnibus 4 (Afrikaans Edition)

Omnibus 4 (Afrikaans Edition)

Product ID: 97666995 Condition: New

No Stock / Cannot Import

Product Description

Omnibus 4 (Afrikaans Edition)

Al drie hierdie liefdesverhale is ook as afsonderlike publikasies op Amazon beskikbaar.<br />GOEWERNANTE VIR BERGPLAAS: Louw de Koning is ʼn aantreklike alleenloper. As professor van argeologie, het hy ʼn uitgesoekte vriendekring. Hy besit ook Bergplaas, die erfenis waarheen hy kan wegglip as die stadslewe vir hom te veeleisend raak. Hy is tevrede met sy lewe en begeer niks meer nie – tot hy skielik sewe kinders se “pa” word en Miempie noodgedwonge saam met hom moet “ma” wees. Die huis-huis spelery wil nie mooi vlot nie, want Louw en Miempie is soos vuur en dinamiet bymekaar. Boonop daag tant Liebet op, om soos sy sê, te chaperon. Spoedig blyk dit dat sy ʼn dubbele motief het. Die poppe begin dans toe Louw se beste vriendin, Zelda Mouton, ook ʼn draai op die plaas kom maak. Gelukkig is die mooie Magriet, weduwee van die plaasbestuurder en moeder van Louw se pleegkinders, nog daar. Maar durf hy sy lot by haar bekla? En wie is nou eintlik die belangrikste vrou in sy lewe? <br />DEKMANTEL VAN LIEFDE: Toe die gesofistikeerde Jean-Claud Rossouw onverwags in die chauffeur Jan-Klaas Fourie verander, verg dit fyn beplanning om te verhoed dat hierdie twee uiteenlopende wêrelde met mekaar bots. Jean-Claud besluit om hom deur sy hart te laat lei en Melanie, die aantreklike skakelbeampte van Delpro, geniet die geselskap van die motorbestuurder meer as haar maatskappydirekteur-kêrel se geselskap. Tog veg sy verbete teen haar hart en kies om na haar verstand te luister. Hoe Jean-Claud Rossouw ʼn witboordjiebedrieër vastrap en terselfdertyd sy hart verloor, maak ʼn lekkerlees verhaal wat ʼn mens tot op die einde nog laat wonder of Cupido dié keer dalk mis geskiet het.<br />DIE WYER KRING: Die skok van daardie dag gooi kringe uit – soos ʼn klippie in ʼn poel water – wat almal, nie net haar huisgesin nie, maar ook haar vriende raak. Want dis dan dat Heleen Cronjé van die vreemde vrou in haar sitkamer moet hoor van haar man, Manus se ontrou en dat sy, Melinda, sy baba verwag. ʼn Ruk lank is Heleen se lewe heeltemal uit pas. Maar sy besef dat sy sal moet aangaan om vir haar en haar kinders ʼn plek oop te veg. Die geleentheid kom wanneer Willem Fourie, haar ʼn betrekking aanbied wat sy nie kan weier nie. By ʼn funksie ontmoet Heleen die Gerickes en dis juis deur hulle wat sy moet leer van vergifnis, van seer dinge agterlaat; van gee en geniet op die pad na more...<br />

Technical Specifications

Country
USA
Author
Mari van den Berg
Binding
Kindle Edition
Format
Kindle eBook
IsAdultProduct
0
NumberOfPages
631
PublicationDate
2018-10-02
ReleaseDate
2018-10-02

You might also like

Back to top