Import It All
Books > Romance
Omnibus 5 (Afrikaans Edition)

Omnibus 5 (Afrikaans Edition)

Product ID: 111607772 Condition: New

No Stock / Cannot Import
Buy in USA

Product Description

Omnibus 5 (Afrikaans Edition)

MELISSA: Linda Heyns ontvang haar soveelste verhaal van ʼn tydskrifredakteur af terug. Moedeloos begin sy aanvaar dat haar gebrek aan lewenservaring en haar armoedige huislike agtergrond daartoe bydra dat sy nie met gesag oor dié dinge kan skryf, wat sy nog nooit self ervaar het nie.
ʼn Vriendin, Martie, glo dat Linda sukses kan behaal as sy van die regte stof vir haar verhale voorsien kan word en sy bewerk ʼn oplossing. Martie se moeder werk vir die uiters gegoede, Francois Lautrec, in sy herehuis en Martie is oortuig daarvan dat dit die omgewing en leefstyl is wat Linda in haar volgende verhaal moet beskryf. Sy reël dan ook sommer dadelik dat hulle vir Martie se ma op die landgoed gaan kuier.
So word Melissa die kans gegun om die indrukwekkende herehuis goed deur te kyk en haarself in te leef in die rol van Melissa Lautrec, die heldin in haar verhaal. Dit alles geskied terwyl Francois Lautrec homself in Parys, Frankryk, bevind...
Na die gesteelde naweek op die landgoed, keer Linda terug na haar werk as privaat sekretaresse van Botha, Botha en Seun, en sy pak haar skryfwerk met hernieude ywer aan. Die ervaring op die Lautrec-landgoed sou haar lewe egter op maniere verander wat haar eie rykste verbeeldingsvlugte, nie sou kon voorsien nie.
In hierdie sonderlinge liefdesverhaal van Mari van den Berg, ervaar die leser saam met die karakters hoe droom en en werklikheid verstrengel kan raak en ʼn mens ʼn droom kan begin leef...
OPSLAGSOMER: Toe die parmantige Corlia Schoeman onwillig by die hele Venter-familie se bestaan betrek word, het hulle nooit as te nimmer kon droom dat hierdie een fyn mensie hulle lewens vir altyd sou verander nie. Allermins die groot indoena indoena van Venter Staalwerke, Markus: haar baas. Met ʼn onwrikbare geloof in die waarheid en die standpunt dat daar altyd twee kante aan ʼn saak is, inspireer sy elkeen van hulle, én uiteindelik haarself, om die vrees vir seerkry te laat los – en die lewe vas te gryp. In hierdie verhaal skryf Mari van den Berg met ʼn fyn aanvoeling vir menswees oor die kern van geluk: vrede met jouself, en die durf om die met ander te deel.
SKADU’S VAN GENADE: Een reënnag, loop Melinda Naude haar vas in die brute geweld van ʼn besope man wat alle onskuld van haar afstroop. Slegte dinge gebeur ook met goeie mense en hierdie is ʼn swaar les om te leer. Gelukkig kruis haar pad met dié van Herman Malan, die jong teologiese student en sy vriendin, Mona, wat bereid is om saam met Melinda op haar donkerste pad te loop tot by die besef dat die Here die vermoë het om die bitterste ondervinding te omskep in die soetste seën. Maar hierdie besef kom vir geen mens maklik nie en hierdie verhaal neem jou tree vir tree op hierdie sielewroeging wat talle Christene die een of ander tyd in sy lewe loop, en lei jou uit die fel son van pyn tot in die salwende skadu’s van God se onbegryplike genade.

Technical Specifications

Country
USA
Binding
Kindle Edition
ReleaseDate
2019-07-03T13:06:26.035-00:00
Format
Kindle eBook

You might also like

Back to top