Import It All
Books > Romance
OMNIBUS 5 (Afrikaans Edition)

OMNIBUS 5 (Afrikaans Edition)

Product ID: 118825152 Condition: New

No Stock / Cannot Import
Buy in USA

Product Description

OMNIBUS 5 (Afrikaans Edition)

VROUE IN DIE SKEMER: Helene en André maak hewig rusie en in daardie gemoedstoestand vertrek André op ʼn sakereis. Ure later word Helene meegedeel dat haar man verongeluk het. Sy bly alleen agter met die hartseer en selfverwyt. Skielik bevind sy haar in ʼn vreemde wêreld; leer meer van haar man uit ander se vertellings as dit wat sy van hom geweet het en sy leer ook van die ander vrou in sy lewe... Moedig bou sy weer vir haar ʼn eie lewe waarin haar waardestelsel totaal verander. Sy moet haarself, en ook haar seun, Hannes, weer vind en op hierdie reis na herstel en nuwe bande bou, moet sy elke dag by die werk in die aantreklike Naudé se verwytende oë kyk.
GEE MY JOU HAND: Nadat hulle tien jaar gelukkig getroud was, soos Anne Tremeer gedink het, vra haar man haar om ʼn egskeiding en verlaat haar. “Dis asof die lewe by jou verbygaan; asof jy emosieloos is. Ek wil warmte in ʼn vrou hê...”
In die eensaamheid wat op haar egskeiding volg, besef sy al hoe meer dat Ralph gelyk gehad het – sy is koud en emosieloos na buite. En dit is haar geheim wat haar so gemaak het. Sestien jaar gelede het Anne ʼn kind in die wêreld gebring. Teen haar wil in, is die kind aan pleegouers gegee en in haar poging om te vergeet, het sy haar emosies doodgedruk.
Die enigste manier om weer mens te word, om weer vrou te word, is om haar kind op te spoor. Met die hulp van haar goeie vriend, Charles, vind sy uit wie haar kind aangeneem het. Maande lank soek Anne kruis en dwars deur die land en beland uiteindelik moeg en moedeloos in Durban op.
Daar sien sy op ʼn dag ʼn advertensie in ʼn plaaslike koerant van ʼn Henk Stander wat iemand soek om sy moeder te help versorg. Sy doen dadelik aansoek vir die werk. Is dit die mense na wie sy so lank gesoek het? Het sy uiteindelik haar kind gevind? En indien dit wel haar kind is, wat staan haar verder te doen?
DIE TOE DEUR: Na ses jaar se volkome huweliksgeluk, betrek Alta en Marcel uiteindelik hulle eie huis. Maar anders as wat Alta gedink het, bring die huis nie vir hulle groter geluk nie. Inteendeel! Noudat hulle ʼn huis het, kan Marcel geen rede sien waarom hulle nie kan begin met ʼn gesin nie. En telkens as hulle by die bure met die pragtige twee kinders kuier, sien sy die ongelukkigheid en verwyt in Marcel se oë groei.
Hoe kan Alta egter nou, na ses jaar se swye, vir Marcel vertel dat sy nie kinders mag hê nie? Sy het haar huwelik met ʼn leuen begin en die leuen is besig om haar in te haal. Wat gaan Marcel sê as hy die waarheid moet hoor? Hoe meer sy weier om daaroor te praat, hoe groter raak die gaping tussen haar en Marcel. Soveel so, dat hy die geselskap van ʼn jong weduwee en haar seuntjie meer en meer opsoek. En geleidelik, hoe begryplik dit ook al vir haarself is, groei die hunkering by Alta om self terug te gaan na die wêreld agter die toe deur...

Technical Specifications

Country
USA
Author
Maria M Bekker
Binding
Kindle Edition
Format
Kindle eBook
IsAdultProduct
0
NumberOfPages
489
PublicationDate
2019-03-06
ReleaseDate
2019-03-06

You might also like

Back to top