Import It All
Books > Literature & Fiction
ANDERKANT GISTER (Afrikaans Edition)

ANDERKANT GISTER (Afrikaans Edition)

Product ID: 98917116 Condition: New

No Stock / Cannot Import

Product Description

ANDERKANT GISTER (Afrikaans Edition)

Herman en Gus loop al van kleintyd af saam. Op universiteit sluit Sonnette en Lana by die groepie aan en dit word ʼn sorglose tyd waarin Gus en Sonnette se liefde blom. Herman en Lana het hulle eie verstandhouding en die vriendskap tussen hierdie vier karakters, bind hulle aan mekaar vas. Maar toe gaan Gus weermag toe... Angola toe... en vir dié wat agterbly, wag die groot skok toe die tyding kom dat Gus vermis word en vermoedelik dood is. Maar dit was ses jaar gelede en intussen is Sonnette en Herman getroud en is daar ʼn kind gebore. Hulle lewens word egter weer hewig ontwrig met die tyding dat Gus nie dood is nie. Hoe moet hulle hierdie skok verwerk wat hulle lewens so radikaal kan verander? Gaan Sonnette en Herman se huwelik staande bly in die nadraai van die gister-ure wat skielik weer oopgevlek word? En Gus... Wat het daar in Angola gebeur wat van hom die mens maak wat sukkel om droom en realiteit van mekaar te skei? ʼn Diep menslike verhaal wat illustreer dat ure uit gister aan die ure van vandag verbind bly. ANDERKANT GISTER is deur Lapa Uitgewers in hardeband onder die titel: GISTERURE gepubliseer en word nou met trots deur die skrywer as e-boek aangebied.<br /><br />

Technical Specifications

Country
USA
Binding
Kindle Edition
ReleaseDate
2017-08-03T08:51:20.000Z
Format
Kindle eBook

You might also like

Back to top