Import It All
Books > Literature & Fiction
Tuisland (Afrikaans Edition)

Tuisland (Afrikaans Edition)

Product ID: 9778269 Condition: New

No Stock / Cannot Import

Product Description

Tuisland (Afrikaans Edition)

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.<br />Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk.<br />En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap.<br />Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand.<br />Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Technical Specifications

Country
USA
Manufacturer
Penguin Books (South Africa)
Binding
Kindle Edition
ReleaseDate
2016-06-01T00:00:00.000Z
Format
Kindle eBook

You might also like

Back to top