Ninette se prokureur (Afrikaans Edition)
Ninette se prokureur was voorheen as Ontgrendelde hart by Lapa uitgewers gepubliseer. Dit is nou as e-boek by Amazon.com beskikbaar.

Ninette het nie geweet sy het iewers ’n suster nie. Toe die geheim oopgevlek word, verander haar hele lewe soos handomkeer.
Sy vind haar ridder op die wit perd, maar hy glo nie aan opregte liefde nie.
Haar suster se lewe word bedreig deur erfgename wat haar deel van die erfenis ook wil hê en Ninette se polisievriend spring in om te help.
Deur alles heen, groei Ninette se liefde vir die blonde prokureur, maar die pad strek eindeloos voor haar uit om sy hart te ontgrendel.