Import It All
Books > Biographies & Memoirs > Community & Culture > Women
Lugkasteel (Afrikaans Edition)

Lugkasteel (Afrikaans Edition)

Product ID: 52114944 Condition: New

No Stock / Cannot Import

Product Description

Lugkasteel (Afrikaans Edition)

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op ’n vliegtuig geklim het om in Engeland ’n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir ’n hellejaar vol hemelsheid word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg. Kwalik ses maande nadat sy teruggekom het Baai toe, vlieg sy wéér Engeland toe. Dié keer as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies. En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende. Sy ly honger; sy verkluim. Sy moet haar karige leefruimte deel met die wandelende gees van ’n vrou wat lankal oorlede is, maar steeds snags in die kasteelgange rondloop. Om vir haar ’n wegkruipplek te skep, rig sy ’n antieke Mercedes-Benz vol muisneste, wat verlate in ’n plaat onkruid staan, in as haar heiligdom. Droomplek. Dinkplek. Huilplek. Tien jaar later sit sy by haar ou bruin lessenaar en rol die kamera terug na daardie tyd. Bekyk die glasskoentjies wat elke mens langs die pad verloor. Lugkastele wat tuimel. Alles net swaanveertjies in die winterwind. Tog, ondanks ons stukkende vlerke, leer ons vlieg. Hoër en verder as wat ons ooit kon droom.

Technical Specifications

Country
USA
Manufacturer
Penguin Books (South Africa)
Binding
Kindle Edition
ReleaseDate
2016-11-01T00:00:00.000Z
Format
Kindle eBook
EANs
9781770229303

You might also like

Back to top