Jagter (Afrikaans Edition)
Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel
in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan
Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met
die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.
Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende
vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.
Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet
Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van
’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.
Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar
kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf
Stella Jansen se mak Komododraak.
In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die
krane oop.